Neon Produksies/ Productions

A Neon puppet production is a creative way to minister the Word of God! We make use of neon puppets that are larger than life! most puppets are mastered by 2 or more puppeteers!

We currently have three productions that are bilingual. Please contact us for more info: info@rocministries.co.za

'n Neon Poppe produksies is 'n kreatiewe manier om die Woord uit te dra. Ons maak gebruik van neon kleur poppe wat onder flourescent swart(pers) lig vertoon word. Daar word nie agter 'n poppekas gewerk nie, want al die poppe is lewens groot en groter!

Daar is verskeie produksies beskikbaar wat met groot sukses al gebruik is vir uitreikings en fondsinsamelings. Al ons produksies is tweetalig.


Temas/Themes:
  • The Story of Grace
  • HeroX
  • Notes of Praise

Early one morning a rag doll opens her eyes in a wonderland . . . she admires the world around her, so beautiful! She sees flowers, butterflies and even meets a talking tree! They get to know each other and all of a sudden enters . . . Valie, a character in his own right! He starts the journey with her to discover who she was made to be! She encounters trouble and even lands on the rubbish heap before she discovers that God has a plan for her life and she can only learn about it through reading this amazing book called the Bible! Join us on this adventure of discovery!

Vroeg oggend word Lappop in kammaland wakker en bekyk die wêreld rondom haar . . . Sy sien voëltjies wat bo in die lug rondvlieg en kan julle glo maatjies, die een gaan sit in ʼn groot boom nie vêr van haar af nie. Sy is so nuuskierig dat sy opstaan en gaan kyk. Ewe skielik begin die boom met haat gesels. Oupa Jaarring vertel vir haar meer van Kammaland en dat elkeen deur God gemaak is, vir ʼn spesiale doel.

In die hoekie van haar oog sien sy ʼn vinnige groen gevaarte. Dis Valie volstruis - hy's ʼn jollie mannetjie wat van die Kaap af kom.
Hy waarsku haar oor al die dinge in die bos - daar is goeie en slegte dinge. Net so vinnig as wat hy gekom het is hy weer op pad. Dis net die kans waarvoor Wollie, die wolhaar wurmpie gewag het.

Terwyl Lappop besig is om alles te ontdek, verras hy haar en begin mooi broodjies bak . . . Hy wil vir haar die lekkerte van die wêreld wys. Hy vertel haar mooi stories oor alles wat jy in die wêreld kan geniet, dat sy wonder en op die einde besluit om dit te probeer. Nie een van hierdie dinge is goed vir haar nie. . . Sy word vasgetrek deur dit alles en land alleen op die ashoop van die lewe. 
Dis waar Valie haar weer raakloop en sê sy moet die waarheid in die Woord gaan soek. Sy't nodig om te weet wie sy is en waarvoor sy gemaak is. Soos sy tyd spandeer in die Woord en gebed, wys die Here vir haar Sy plan en doel met haar lewe.

So maak sy die wonderlikste ontdekking van haar lewe. Nie net vind sy die skatte in die Woord nie, maar ook dat sy deur genade gered is. Al wat sy moet doen is om die geskenk van God te aanvaar. Daarby ontdek sy haar naam. . .

    No comments:

    Post a Comment