Sunday 4 November 2012

Jou gedagtes

Ek sal graag wil hoor wat julle in jul harte beleef oor 2013 wat jou kinderbediening betref!

Gesels met my? . .

Tuesday 16 October 2012

Dis daai tyd van die jaar!


Is dit nie tragies hoe die laaste twee maande van die jaar deur gejaag word nie. al die afsluitings en prysuitdelings en Dinee's!

Die lekker is dat jy baie mense sien wat jy lank laas gesien het, veral oor die kerseisoen!

Terwyl almal druk besig is met beplanning vir volgende jaar, wil ek vra dat ons tog ons kinders hoog op ons prioriteitslys sal sit! Kinders is vir God belangrik en behoort vir ons ook te wees.

Ek het nou die dag 'n opleiding bygewoon van die nuwe kinderwet in SA. dit was baie insigewend! alles wat ek nog van die wet gehoor het was negatief, maar ek moet bieg, dat ek aangenaam verras was. het jy geweet dat die hoof doel van die wet is, en ek haal aan:

  • "To promote the preservation and strengthening of families!"
  • "To give effect to the republic's obligations concerning the well-being of children . . ."
  • "to strengthen and develop community structures which can assist in providing care and protection for children."
Sjoe! Is dit dan nie wat die kerk ook behoort te doen nie! En dis net 'n paar punte wat ek aangehaal het. Ek besef dit gee ook vir kinders regte wat hulle dalk nooit voorheen gehad het nie. Ek het net weereens besef dat ons na die wet luister met ons eie kultuur in gedagte. Die meerderheid van ons kinders in SA is in Natal. Ons sit met baie verskillende Afrika kulture met vreemde gewoontes en gebruike. Die wet is meer geskryf met die oog op die beskerming van die kinders in kulture met hierdie gebruike!

Ek wil julle elkeen aanmoedig om meer op te lees of selfs 'n opleiding by te woon oor ons nuwe kinderwet! jy sal dalk aangenaam verras wees soos ek was!

Tuesday 11 September 2012

Kan kinderbediening in SA werklik 'n verskil maak?


Ons voel so baie keer magteloos. Dit voel of jy 'n asem van hoop is teen 'n warrelwind van invloed. Die kinderbediening is in baie gemeentes die laaste om in ag te kom vir finansies, lokale en selfs aanstellings! Hoeveel kinderbedienaars is daar buite wat al in wanhoop uit gesak het omdat hulle nie die voldoende ondersteuning van die gemeente  of kerkraad kry nie.
  

Die kinderfase is tog die fondasie fase van die res van sy lewe! As jy 'n huis bou dan begin jy deur 'n soliede fondasie te gooi. 'n Swak fondasie veroorsaak krake in die mure en later selfs 'n dak wat wil meegee! Tog wil ons in ons kinders se lewens begin belê as hulle eers die tiener stadium bereik! Ons wil nie regtig aan ons kinderbediening fondse spandeer nie, want hulle kan tog nie 'n finansiële bydra lewer nie! Reg?

In my opinie! Verkeerd!  Volgens die NCD navorsing is  'n suksesvolle volle kinderbediening een van die groot redes hoekom gemeentes groei! Ouers is in vandag se lewe baie meer gesteld op die kinders se begeertes! As die kinders gelukkig is in die gemeente is die kanse dat die ouers gaan bly, inskakel en ja selfs hulle finansiële bydraes by daardie gemeente  gee, baie groter!

As ons ons kinders al tot die volle ontdekking van God se plan vir hulle lewens kan kry. Sal ons betrokke heel tieners hê en volwassenes wat hul roeping verstaan en uitleef! In kort! As gemeentes besef dat kinderbediening die fokus moet wees, sal ons oor 'n paar jaar betrokke, deelnemende gemeentelede he sonder dat ons hulle moet deur dissipelskap prosesse neem. Hulle sal reeds ontdek het wie hulle is en wat God se roeping op hulle lewens is!

Sodoende beïnvloed ons nie net die kinders nie, maar ook 'n hele gemeenskap en generasie wat moet kom!

Sunday 9 September 2012

Tuesday 28 August 2012

Inspraak in my kind! Hoe??


Elke gesin moet 'n ritme vind om tyd saam te spandeer:
In die oggend is jy jou kind se afrigter (coach) ! Jy moet hom aanmoedig om die dag met waagmoed aan te durf en hom met helde moed die dag in stuur!
In die kar is jy sy vriend wat lewe deel. Onthou, jou lewe stel die voorbeeld! Hoe reageer jy as iemand voor jou indraai?? Hoe verduidelik jy dit aan jou kind aangaande die Woord. Wees eg! Vra omverskoning wanneer nodig!
Aan die etens tafel is jy sy die onderwyser (teacher)! Praat saam oor die dag se gebeure. Lees uit die Woord en leer hulle aangaande die Woord oor wie hulle is sodat hulle kan weet hoe hulle moet lewe!
In die kamer is jy sy bemoediger en raadgewer (counsellor)! Hoe hanteer ek dit as my maats my teleurstel of my ou my afsê?? Gee raad uit die woord en bemoedig hulle. Bid saam vir ‘n oplossing en genesing!


Moet ek tyd saam met my kind spandeer?


Hmmm! Ek wonder? Vir die volk van ouds was dit 'n normale ritme om daagliks tyd saam met hulle kinders te spandeer! Met Moses se "fare well" toespraak is sy keuse van woorde baie interessant! Deut. 32:46  sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou. 

Is kinders regtig belangrik?


Dis seker 'n vraag wat baie mense al gevra het! Julle hou mos net met kinders besig terwyl ek kan fokus op kerk? Ons het groot geword met die gesegde: kinders moet gesien en nie gehoor word nie!

Wat maak ons dan met die statistieke van George Barna wat sê dat 83% van bekerings vind plaas voor die ouderdom van 14! Of die statistieke wat sê dat die grootste gedeelte van SA bevolking onder die ouderdom van 16 is?

As kinders nie belangrik is nie, hoekom het Jesus, in antwoord op een van sy dissipels se vraag: Wie is die belangrikste in die koninkryk? ‘n Kind nader geroep en in hul midde laat staan en geantwoord: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Is kinders dan belagrik???

Tuesday 21 August 2012

Nuwe optrede 1 September in Pretoria!

As jy iemand ken wat nie daarvan hou om kerk toe te gaan nie en nodig het om die goeie nuus van die evangelie te hoor! is hierdie jou geleentheid!

Die humor in hierdie uur produksie is baie pittig en die evangelie word op 'n vars unieke manier verkondig! Vat nou jou kans! Nooi iemand!

Monday 20 August 2012

Kinders is belangrik!

Wat ʼn voorreg om met die belangrikste in die koninkryk te werk. Kinders is soos klei in ons hande en ons moet seker maak dat ons mooi met hulle werk. Ons het die geleentheid om God se Woord in hul harte te bêre en hulle te help om te verstaan Wie God is en wat Sy plan vir hulle lewens is!