Wednesday 26 February 2014

Sjoe, dit voel soos 'n ewigheid vandag ek laas geblog het.

Die begin van die jaar hardloop ons almal om alles gedoen te kry. Nuwe registrasies vir al die kinders. Nuwe klassies en nuwe groepleiers. Vandag wil ek julle bemoedig deur te bevestig: Registrasies van jou kinders is belangrik!

Een van die grootste behoeftes van kinders is veiligheid. Hulle veiligheid is vir hulle en vir hul ouers belangrik en daarom moet dit net so belangrik wees vir ons ook! nKry vir jou n'n uitboek sisteem om jou kinders se veiligheid te verseker. Werk met kleure of nommer. Unieke nommers wat vir elke kind en ouer toegeken word. Die kind en ouer kry elkeen 'n identiese kaartjie. Die ouer of ouer boetie moet die kaartjie ingee om die kind uit te kry.

Op so manier verseker jy dat die regte kind aan die regte ouer toegeken word. Teveel admin??! Dink jy dalk! Wag totdat 'n geskeide egenoot 'n kind kom afhaal terwyl hy eintlik nie toegang tot die kind mag hĂȘ nie. Dan besef jy hoe belangrik dit is om jou registrasie sisteem in plek te kry!