KIM kinderkampe/ Children's camps



KIM is short for Kids In Ministry and is a discipleship program that plays out in three camps. Here children are taught about who they are and why they were made! they also go on a journey of discovery where they learn how to stand in relationship with God and how they can hear His voice. The last camp they learn about the basics of puppetry, dance, drama and even how to lead a pier to Christ! Come join us in this adventure with your child in his or her discovery of God's plan for their lives!

KIM is kort vir "Kids In Ministry" en is 'n dissipelskap kursus ontwikkel vir kinders vanaf graad 2-7. Die kursus bestaan uit 3 kampe jaarliks wat ten doel het om die kinders te begelei in die ontdekking van hul identiteit in Christus asook hul bediening.


Die drie kampe bestaan uit:

Identiteitskamp:
    1. God het my beplan.
    2. Jy is gemaak na die beeld van God.
    3. God ken my naam.
    4. Ek is met 'n doel gemaak.
    5. God wil in verhouding met my staan.

Gawes kamp:
    1. Hoe bly ek in verhouding met God?
    2. Hoe praat God?
    3. Hoe praat God uit die Woord met my?
    4. Hoe praat God deur natuur en prentjies?
    5. Wie is die Heilige Gees?
    6. Hoekom moet ek vervul word met die Heilige Gees?


Toerustingskamp:
    1. Verskeie sessies waarin toerusting gedoen word oor die volgende onderwerpe:
      1. Gawes toets word by vorige kamp gedoen en bepaal die onderwerpe.
      2. Basiese poppe manipulasie.
      3. Lof en Aanbidding.
      4. Gebedskamer.

1 comment:

  1. Volgende KIM kamp is ons toerustingskamp op 21-24 Sept, kan nie wag nie!

    Ons gawes kamp was ongelooflik! Soveel kids gevul met die Heilige Gees en hulle het ongelooflike Woord vir mekaar bedien! WOW!

    Mag elke kind beleef wat dit is om God se stem te hoor en geleentheid kry om in mekaar se lewens in te spreek!

    ReplyDelete