Tuesday 16 October 2012

Dis daai tyd van die jaar!


Is dit nie tragies hoe die laaste twee maande van die jaar deur gejaag word nie. al die afsluitings en prysuitdelings en Dinee's!

Die lekker is dat jy baie mense sien wat jy lank laas gesien het, veral oor die kerseisoen!

Terwyl almal druk besig is met beplanning vir volgende jaar, wil ek vra dat ons tog ons kinders hoog op ons prioriteitslys sal sit! Kinders is vir God belangrik en behoort vir ons ook te wees.

Ek het nou die dag 'n opleiding bygewoon van die nuwe kinderwet in SA. dit was baie insigewend! alles wat ek nog van die wet gehoor het was negatief, maar ek moet bieg, dat ek aangenaam verras was. het jy geweet dat die hoof doel van die wet is, en ek haal aan:

  • "To promote the preservation and strengthening of families!"
  • "To give effect to the republic's obligations concerning the well-being of children . . ."
  • "to strengthen and develop community structures which can assist in providing care and protection for children."
Sjoe! Is dit dan nie wat die kerk ook behoort te doen nie! En dis net 'n paar punte wat ek aangehaal het. Ek besef dit gee ook vir kinders regte wat hulle dalk nooit voorheen gehad het nie. Ek het net weereens besef dat ons na die wet luister met ons eie kultuur in gedagte. Die meerderheid van ons kinders in SA is in Natal. Ons sit met baie verskillende Afrika kulture met vreemde gewoontes en gebruike. Die wet is meer geskryf met die oog op die beskerming van die kinders in kulture met hierdie gebruike!

Ek wil julle elkeen aanmoedig om meer op te lees of selfs 'n opleiding by te woon oor ons nuwe kinderwet! jy sal dalk aangenaam verras wees soos ek was!