Tuesday 11 September 2012

Kan kinderbediening in SA werklik 'n verskil maak?


Ons voel so baie keer magteloos. Dit voel of jy 'n asem van hoop is teen 'n warrelwind van invloed. Die kinderbediening is in baie gemeentes die laaste om in ag te kom vir finansies, lokale en selfs aanstellings! Hoeveel kinderbedienaars is daar buite wat al in wanhoop uit gesak het omdat hulle nie die voldoende ondersteuning van die gemeente  of kerkraad kry nie.
  

Die kinderfase is tog die fondasie fase van die res van sy lewe! As jy 'n huis bou dan begin jy deur 'n soliede fondasie te gooi. 'n Swak fondasie veroorsaak krake in die mure en later selfs 'n dak wat wil meegee! Tog wil ons in ons kinders se lewens begin belê as hulle eers die tiener stadium bereik! Ons wil nie regtig aan ons kinderbediening fondse spandeer nie, want hulle kan tog nie 'n finansiële bydra lewer nie! Reg?

In my opinie! Verkeerd!  Volgens die NCD navorsing is  'n suksesvolle volle kinderbediening een van die groot redes hoekom gemeentes groei! Ouers is in vandag se lewe baie meer gesteld op die kinders se begeertes! As die kinders gelukkig is in die gemeente is die kanse dat die ouers gaan bly, inskakel en ja selfs hulle finansiële bydraes by daardie gemeente  gee, baie groter!

As ons ons kinders al tot die volle ontdekking van God se plan vir hulle lewens kan kry. Sal ons betrokke heel tieners hê en volwassenes wat hul roeping verstaan en uitleef! In kort! As gemeentes besef dat kinderbediening die fokus moet wees, sal ons oor 'n paar jaar betrokke, deelnemende gemeentelede he sonder dat ons hulle moet deur dissipelskap prosesse neem. Hulle sal reeds ontdek het wie hulle is en wat God se roeping op hulle lewens is!

Sodoende beïnvloed ons nie net die kinders nie, maar ook 'n hele gemeenskap en generasie wat moet kom!

Sunday 9 September 2012