Ek sal graag wil hoor wat julle in jul harte beleef oor 2013 wat jou kinderbediening betref!
Gesels met my? . .
Sunday, 4 November 2012
Tuesday, 16 October 2012
Dis daai tyd van die jaar!
Is dit nie tragies hoe die laaste twee maande van die jaar deur gejaag word nie. al die afsluitings en prysuitdelings en Dinee's!
Die lekker is dat jy baie mense sien wat jy lank laas gesien het, veral oor die kerseisoen!
Terwyl almal druk besig is met beplanning vir volgende jaar, wil ek vra dat ons tog ons kinders hoog op ons prioriteitslys sal sit! Kinders is vir God belangrik en behoort vir ons ook te wees.
Ek het nou die dag 'n opleiding bygewoon van die nuwe kinderwet in SA. dit was baie insigewend! alles wat ek nog van die wet gehoor het was negatief, maar ek moet bieg, dat ek aangenaam verras was. het jy geweet dat die hoof doel van die wet is, en ek haal aan:
- "To promote the preservation and strengthening of families!"
- "To give effect to the republic's obligations concerning the well-being of children . . ."
- "to strengthen and develop community structures which can assist in providing care and protection for children."
Ek wil julle elkeen aanmoedig om meer op te lees of selfs 'n opleiding by te woon oor ons nuwe kinderwet! jy sal dalk aangenaam verras wees soos ek was!
Tuesday, 11 September 2012
Kan kinderbediening in SA werklik 'n verskil maak?
Ons voel so baie
keer magteloos. Dit voel of jy 'n asem van hoop is teen 'n warrelwind van
invloed. Die kinderbediening is in baie gemeentes die laaste om in ag te kom
vir finansies, lokale en selfs aanstellings! Hoeveel kinderbedienaars is daar
buite wat al in wanhoop uit gesak het omdat hulle nie die voldoende
ondersteuning van die gemeente of
kerkraad kry nie.
Die kinderfase is
tog die fondasie fase van die res van sy lewe! As jy 'n huis bou dan begin jy
deur 'n soliede fondasie te gooi. 'n Swak fondasie veroorsaak krake in die mure
en later selfs 'n dak wat wil meegee! Tog wil ons in ons kinders se lewens begin
belê as hulle eers die tiener stadium bereik! Ons wil nie regtig aan ons
kinderbediening fondse spandeer nie, want hulle kan tog nie 'n finansiële bydra
lewer nie! Reg?
In my opinie!
Verkeerd! Volgens die NCD navorsing is 'n suksesvolle
volle kinderbediening een van die groot redes hoekom gemeentes groei!
Ouers is in vandag se lewe baie meer gesteld op die kinders se begeertes! As
die kinders gelukkig is in die gemeente is die kanse dat die ouers gaan bly,
inskakel en ja selfs hulle finansiële bydraes by daardie gemeente gee, baie groter!
As ons ons kinders al tot die volle ontdekking van God se plan
vir hulle lewens kan kry. Sal ons betrokke
heel tieners hê en volwassenes wat hul
roeping verstaan en uitleef! In kort! As gemeentes besef dat
kinderbediening die fokus moet wees, sal ons oor 'n paar jaar betrokke,
deelnemende gemeentelede he sonder dat ons hulle moet deur dissipelskap
prosesse neem. Hulle sal reeds ontdek het wie hulle is en wat God se roeping op
hulle lewens is!
Sodoende beïnvloed
ons nie net die kinders nie, maar ook 'n hele gemeenskap en generasie wat moet
kom!
Sunday, 9 September 2012
Tuesday, 28 August 2012
Inspraak in my kind! Hoe??
Elke gesin moet 'n ritme vind om tyd saam te spandeer:
In die oggend is jy jou kind se afrigter (coach) ! Jy moet hom aanmoedig om die dag met waagmoed aan te durf en hom met
helde moed die dag in stuur!
In die kar is jy sy vriend
wat lewe deel. Onthou, jou lewe stel die voorbeeld! Hoe reageer jy as iemand
voor jou indraai?? Hoe verduidelik jy dit aan jou kind aangaande die Woord. Wees
eg! Vra omverskoning wanneer nodig!
Aan die etens tafel is jy sy die onderwyser
(teacher)! Praat saam oor die dag se gebeure. Lees uit die Woord
en leer hulle aangaande die Woord oor wie hulle is sodat hulle kan weet hoe
hulle moet lewe!
In die kamer is jy sy bemoediger
en raadgewer (counsellor)! Hoe hanteer ek dit as my maats my teleurstel of my ou
my afsê?? Gee raad uit die woord en bemoedig hulle. Bid saam vir ‘n oplossing
en genesing!
Moet ek tyd saam met my kind spandeer?
Hmmm! Ek wonder? Vir die volk van ouds was dit 'n
normale ritme om daagliks tyd saam met hulle kinders te spandeer! Met Moses se
"fare well" toespraak is sy keuse van woorde baie interessant! Deut.
32:46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag
waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie
wet sorgvuldig te hou.
Is kinders regtig belangrik?
Dis seker 'n vraag wat baie mense al
gevra het! Julle hou mos net met kinders besig terwyl ek kan fokus op kerk? Ons
het groot geword met die gesegde: kinders moet gesien en nie gehoor word nie!
Wat maak ons dan met die statistieke van George Barna wat sê dat 83% van bekerings vind plaas voor die ouderdom van 14! Of die
statistieke wat sê dat die grootste gedeelte van SA
bevolking onder die ouderdom van 16 is?
As kinders nie
belangrik is nie, hoekom het Jesus, in antwoord op een van sy dissipels se
vraag: Wie is die belangrikste in die koninkryk? ‘n Kind nader geroep en in hul
midde laat staan en geantwoord: Voorwaar Ek sê vir julle, as
julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die
koninkryk van die hemele ingaan nie!
Is kinders dan belagrik???
Tuesday, 21 August 2012
Nuwe optrede 1 September in Pretoria!
As jy iemand ken wat nie daarvan hou om kerk toe te gaan nie en nodig het om die goeie nuus van die evangelie te hoor! is hierdie jou geleentheid!
Die humor in hierdie uur produksie is baie pittig en die evangelie word op 'n vars unieke manier verkondig! Vat nou jou kans! Nooi iemand!
Die humor in hierdie uur produksie is baie pittig en die evangelie word op 'n vars unieke manier verkondig! Vat nou jou kans! Nooi iemand!
Monday, 20 August 2012
Kinders is belangrik!
Wat ʼn voorreg om met die
belangrikste in die koninkryk te werk. Kinders is soos klei in ons hande en ons
moet seker maak dat ons mooi met hulle werk. Ons het die geleentheid om God se
Woord in hul harte te bêre en hulle te
help om te verstaan Wie God is en wat Sy plan vir hulle lewens is!
Subscribe to:
Posts (Atom)