Ons voel so baie
keer magteloos. Dit voel of jy 'n asem van hoop is teen 'n warrelwind van
invloed. Die kinderbediening is in baie gemeentes die laaste om in ag te kom
vir finansies, lokale en selfs aanstellings! Hoeveel kinderbedienaars is daar
buite wat al in wanhoop uit gesak het omdat hulle nie die voldoende
ondersteuning van die gemeente of
kerkraad kry nie.
Die kinderfase is
tog die fondasie fase van die res van sy lewe! As jy 'n huis bou dan begin jy
deur 'n soliede fondasie te gooi. 'n Swak fondasie veroorsaak krake in die mure
en later selfs 'n dak wat wil meegee! Tog wil ons in ons kinders se lewens begin
belê as hulle eers die tiener stadium bereik! Ons wil nie regtig aan ons
kinderbediening fondse spandeer nie, want hulle kan tog nie 'n finansiële bydra
lewer nie! Reg?
In my opinie!
Verkeerd! Volgens die NCD navorsing is 'n suksesvolle
volle kinderbediening een van die groot redes hoekom gemeentes groei!
Ouers is in vandag se lewe baie meer gesteld op die kinders se begeertes! As
die kinders gelukkig is in die gemeente is die kanse dat die ouers gaan bly,
inskakel en ja selfs hulle finansiële bydraes by daardie gemeente gee, baie groter!
As ons ons kinders al tot die volle ontdekking van God se plan
vir hulle lewens kan kry. Sal ons betrokke
heel tieners hê en volwassenes wat hul
roeping verstaan en uitleef! In kort! As gemeentes besef dat
kinderbediening die fokus moet wees, sal ons oor 'n paar jaar betrokke,
deelnemende gemeentelede he sonder dat ons hulle moet deur dissipelskap
prosesse neem. Hulle sal reeds ontdek het wie hulle is en wat God se roeping op
hulle lewens is!
Sodoende beïnvloed
ons nie net die kinders nie, maar ook 'n hele gemeenskap en generasie wat moet
kom!
Karen, jy het dit so reg gestel, in woorde kan ek nie veel byvoeg nie. Ek sal nooit die leuse vergeet van 'n sondagskool-opleidingskursus wat ek baie jare gelede bygewoon het : INVEST IN CHILDREN, RATHER THAN REPAIR MEN.
ReplyDelete